FAQ

Wanneer kry ek my stoppit. hempie?

Pre-orders het 30 Oktober 2026 gesluit. 

Die getalle is in en die hempies word tans gemaak. 

stoppit. hempies word in klein batches gemaak met ekstra aandag aan kwaliteit

Verwagte aflewering: einde November, vroeg Desember (op die laatste). Alle bestellings wat na 30 November gemaak word, kry hul hempies binne 2-5 werksdae.

Elke hempie kom in pragtige verpakking wat deur die eienaar self verpak word, want jy is geliefd en verdien om spesiaal te voel. 

Watter size moet ek kies?

Alle stoppit. hempies is unisex. Kyk na die groottetabel op die produkbladsy. Dames: vir 'n baggy fit, vat die size wat jy gewoonlik vat. Vir 'n tighter fit, size down. Jy kan ook jou gunsteling T-hemp plat neersit en van oksel tot oksel meet.

Waarvan is die hempies gemaak?

Heavyweight 230gsm, 100% katoen.

Word die skrif op die stoppit. hempies gedruk of borduur? 

stoppit. hempies gee spesiale aandag aan kwaliteit, daarom word die hempies voor en op die mou geborduur. 

Hoe kyk ek na my stoppit. hempie?


- Masjienwas koud saam met soortgelyke kleure
- Moenie bleikmiddel gebruik nie
- Moenie tuimeldroog nie
- Moenie droogskoonmaak nie
- Hang droog in die skadu

KONTAK

Hoe kontak ek julle?
Stuur vir ons 'n boodskap op ons kontakbladsy of op Instagram (@stoppit_winkel).